Vaal Marina-ongeluk: oorlede vlieënier het gereeld met honde gaan vlieg

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Essie Esterhuizen, wat Vrydag saam met sy suster, Dané Esterhuizen, in ‘n helikopterongeluk in die Vaal Marina omgekom het, het gereeld saam met sy honde, wat ook tydens die ongeluk in die helikopter was, gevlieg.

Nog in April het hy foto’s op sy Facebook-blad gesit met die inskrywing: “Ek en die honde besoek op ‘n Saterdag vinnig die Vaal.”

Sy twee honde, Pablo en Abby, was ook Saterdag in die helikopter. Daar word beweer Pablo se oorskot is die naweek al uit die water gehaal, maar Abby is nog nie gevind nie.

Foto: Facebook

‘n Video van die voorval is ook intussen op sosiale media gedeel. In die video kom die helikopter aangevlieg en dan word daar gesien hoe dit daal. Die helikopter stort dan in die water neer.

“My liefste Moeder. Ek sal vir altyd Ma binne my hart dra. My woorde is min en my trane lê vlak. Ek is lief vir Mamma en sien uit vir die dag wat ons weer eendag sal ontmoet,” skryf Dané se dogter op Facebook.

LEES OOK: Kyk, video wys hoe helikopter by Vaal Marina neerstort

LEES OOK: Nóg ‘n helikopter stort neer, een dood

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.