GAUTENG. – ‘n Video wat vandag op Facebook gedeel word, wys hoe ‘n helikopter Vrydagaand om 18:00 in die Vaal Marina neerstort.
NIE VIR SENSITIEWE KYKERS NIE.
Sateroggend het nooddienste bevestig een insittende is oorlede en die polisie en die duikeenheid was nog op soek na die tweede insittende. Later die dag is dit bekendgemaak dat die tweede liggaam gevind is.
Video wys helikopter met twee insittendes
Daar word berig die twee insittendes van die helikopter, wat ongeveer tweehonderd meter van die oewer van die dam neergestort het, was broer en suster. Twee honde wat ook binne-in die helikopter was, is in die ongeluk dood.
Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut was die vlieënier op pad vanaf die Rand-lughawe.
LEES OOK: Nóg ‘n helikopter stort neer, een dood
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



