Carla Koen gevind nadat sy Vrydagmiddag verdwyn het

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Carla Koen, wat Vrydagmiddag na skool nêrens te vinde was nie, is nou sopas gevind.

Chantal van Gruning, haar ma, het aan FiNDiT bevestig sy is op pad na die polisiekantoor om vir Carla te gaan haal.

“Ons weet nog nie waar sy was nie. Ons sal nou alles gaan hoor sodra ons daar aankom.”

FiND iT het vroeër berig Carla se ma kon haar nie Vrydagmiddag na skool by die Voorbereiding Skool Parow-Vallei vind nie.

Chantal het dadelik foto’s op Facebook gesit en almal het dit gedeel met die hoop dat hulle haar sal vind.

LEES OOK: Tienermeisie (13) weg toe hulle haar by skool wou gaan haal

Hou FiNDiT dop om op hoogte van die storie te bly.