KALIFORNIË. – ‘n Vrou was so woedend toe sy by haar werksplek uitstap en sien daar sit ‘n vermeende motordief in haar motor, dat sy hom met die vuis in die gesig geslaan het.
Samantha Raahauge, wat ‘n gewone 2007 Honda Civic ry, sê sy werk hard vir dit wat sy in die lewe wil hê en gaan nie net toelaat dat iemand dit van haar af wegvat nie.
“Hoe kan iemand so ‘n motor wil steel? Deur net na die motor te kyk, kan hy mos sien die persoon maak dalk nie baie geld nie.”
Vrou slaan man in motor
In die video stap sy na die motor en slaan die vermeende motordief in die gesig deur die gebreekte venster. Die man skrik dan so groot, hy klim aan die ander kant van die motor uit.
Daarna jaag sy die man om die motor en af by die sypaadjie. “Jy gaan nie nou van my af weghardloop nie,” het sy gedink.
Met die polisie se aankoms was die verdagte reeds weg. Waardevolle items is glo uit die motor gesteel.
LEES OOK: Baba MJ het sy engelvlerke na agt maande se baklei gekry
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



