Baba MJ kry sy engelvlerke na agt maande se baklei

Medelye stroom intussen vir klein MJ se familie in.

Baba MJ het sy engelvlerke na agt maande se baklei gekry

Baba MJ het sy engelvlerke na agt maande se baklei gekry Foto: Facebook

NELSPRUIT. – Baba MJ wat in September 2020 gebore is en op die ouderdom van agt maande blind was en nie self kon sluk nie, het gisteraand sy engelvlerke gekry.

“MJ het sy engelvlerke gekry vanaand. Rus sag ons klein Yster, jy het geveg soos nog nooit! In ons harte sal jy vir altyd en ewig bly. Lief jou ons Prins. 02/09/2020-15/05/2021,” is daar op sy ondersteuningsgroep, Bid vir Baba MJ Erasmus, geskryf.

Baba MJ het nooit ontwikkel nie

LEES DIE VORIGE BERIG HIER: MJ is blind, kan nie self sluk nie en kry buisvoeding

Net na MJ se geboorte is ‘n hartdefek by hom gediagnoseer. Daarna is vasgestel hy ly ook aan agenesie van die corpus callosum. Dit beteken daar is ʼn onderontwikkelde of geen breinbalk nie. Dit is ‘n baie skaars siekte. Die corpus callosum verbind die regter- en linkerbrein met mekaar en in die afwesigheid daarvan kommunikeer die twee gedeeltes van die brein nie met mekaar nie. Dit is wat in MJ se geval gebeur het.

Op sewe maande oud, toe FiNDiT met die ouers gesels het, was sy stembande verlam, hy was blind, hy kon nie self sluk nie en het voeding deur ʼn buis gekry.

Familie het bly glo

Adri Erasmus, MJ se ma, het deur die loop van die agt maande nooit ophou glo nie.

Medelye stroom intussen vir klein MJ sefamilie In. “Liefste Adri, Marius en Miecke, so bitter jammer oor MJ. MJ het diep spore in almal se harte getrap en was baie geliefd. Ons gebede is met julle. Rus sag groot vegtertjie. Al ons liefde,” word daar op sy ondersteuningsblad geskryf.

Volg FiNDiT hiervir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *