Kreefduiker se liggaam vanoggend in water gevind

“Lewensondersteunende resussitasie is begin, maar ondanks die pogings het die duiker nie oorleef nie.”

Kreefduiker se liggaam vanoggend in water gevind

Kreefduiker se liggaam vanoggend in water gevind Foto: Verskaf

DURBAN. – Die liggaam van ‘n kreefduiker wat besig was om te duik, is vanoggend na ‘n soektog gevind.

“Vanoggend om 08:00 het Netcare 911 saam met ander nooddienste gereageer op ‘n voorval by die see langs die Westbrook Beach noord van Durban,” sê Shawn Herbst, Netcare 911 se woordvoerder.

Soektog na kreefduiker se liggaam

Volgens die man wat saam met die duiker geduik het, het die slagoffer, terwyl hy besig was om te duik, in die moeilikheid beland. Die man het uit die sig van sy maat verdwyn en ‘n soektog is begin om hom op te spoor.

Na ‘n soektog is die lewelose liggaam van die duiker gevind.

“Lewensondersteunende resussitasie is begin, maar ondanks die pogings het die duiker nie oorleef nie.”

LEES OOK: Tienermeisie (13) weg toe hulle haar by skool wou gaan haal

LEES OOK: Vermiste vrou (29) se ma ‘siek van bekommernis’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *