Bloemfontein-optogte: 19 in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Die polisie het vanoggend bevestig 19 mense is na gister se Bloemfontein-optogte in hegtenis geneem.

”Tot op hede is 13 winkels geplunder. Die 19 mense is in hegtenis geneem weens openbare geweld en as gevolg van die plundering wat by hierdie winkels plaasgevind het,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Bloemfontein-optogte nou rustig

Die situasie word gemonitor en polisie-ontplooiings is verhoog om seker te maak daar heers kalmte in die gebied.

“Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hulle te weerhou van enige daad van openbare geweld en om die winkels te plunder, aangesien hulle die volle mag van die wet sal ondervind.”

Die 19 persone wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting môre in die hof verskyn.

LEES OOK: Bloem-optogte: sekuriteitswag in hegtenis na tienerseun doodgeskiet is

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.