Kyk, só lyk dit vanoggend in Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN. – Die noorde, suide en middestad van Bloemfontein is vanoggend stil, maar word steeds deur die polisie gemonitor.

Chaos het gister in dié stad geheers toe protesaksie, as gevolg van inwoners wat ontevrede is oor dienslewering, plaasgevind het. Paaie was afgebaken en motorbande is in die strate gebrand.

Vanoggend lyk dinge aansienlik beter. Baie besighede in die stad het besluit om gesluit te bly omdat daar nie vervoer vir werknemers beskikbaar is nie.

LEES OOK: Gypsy Rose Blanchard-geval – ma sê glo dogter is ‘terminaal siek’

LEES OOK: Kim Croeser gevind

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.