Bloem-optogte: sekuriteitswag in hegtenis na tienerseun doodgeskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – ‘n Sekuriteitswag (57) is in hegtenis geneem na ‘n tienerseun tydens die gewelddadige betogings vanoggend in Mangaung, Bloemfontein, doodgeskiet is.

“Daar word beweer dat ‘n groep betogers ‘n pakhuis in Dr. Belcherweg aangeval het. Die veiligheidswag, wat alleen was, het glo ‘n skoot afgevuur in ‘n poging om die skare te laat skrik. Die skoot het na bewering ‘n 15-jarige seun getref,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Sekuriteitswag in hegtenis na seun sterf

Die seun is op die toneel dood. Die veiligheidswag is in hegtenis geneem en sal op aanklag van moord in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Die situasie in Bloemfontein word deur die polisie gemonitor.

LEES OOK: Tienerseun tydens Bloem-optogte doodgeskiet

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.