KWAZULU-NATAL .- ‘n Man van hier is glo met ‘n knuckle duster en ‘n stok aangerand na konflik oor parkering.
Volgens ‘n plasing op Reaksie eenheid Suid-Afrika se Facebook-blad (RUSA) is hulle na die voorval ontplooi. Die voorval het omstreek 9:00 vanoggend plaasgevind. ‘n Bebloede man het aan lede van RUSA verduidelik dat hy deur twee mans, wat ‘n Tatta-motorvoertuig ry, aangerand is nadat hulle Vrydag ‘n argument oor parkering gehad het.
Volgens een van die mans wat die Tata-voertuig bestuur het, is sy pa glo Vrydag deur een van die straatverkopers aangerand. Die man en sy vriend het glo die straatverkoper gaan soek en hom met ‘n stok en ‘n knuckle duster aangerand.
RUSA het die twee mans aan die SAPD oorhandig terwyl die bebloede man na ‘n hospitaal geneem is vir sy beserings.



