LIMPOPO. – Die 15-jarige meisie wat glo ‘n ander leerling by die Mbilwi Sekondêre Skool in Limpopo aangerand het, is in hegtenis geneem.
Die ander leerling (15) het na die voorval glo haar eie lewe geneem.
FiND iT het voorheen berig ‘n video van die voorval is wyd op sosiale media versprei en die meisie se dood het op Twitter onder die hutsmerk #JusticeforLufuno opslae gemaak.
Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die insident het Maandagoggend om 11:30 gebeur.
Lees ook: Ma borsvoed dogter tot op nege jaar
Die oorlede meisie het haarself ná die voorval in haar kamer toegesluit en toe haar ma later op haar afkom, was sy bewusteloos. Hulle het na die hospitaal gejaag, maar sy is by die hospitaal dood verklaar.
Die vermeende boelie is Woensdagoggend in hegtenis geneem.



