SUID-AFRIKA. – Die Vaaldam is vanoggend slegs 99,9% vol nadat dit vir 103 dae 100% waterkapasiteit gehad het.
Suid-Afrikaners word gewaarsku om water spaarsamig te gebruik, aangesien water in Suid-Afrika baie skaars is.
Die Vaaldam in Suid-Afrika is in 1938 gebou en lê 77 km suid van die OR Tambo- internasionale lughawe. Die meer agter die damwal het ‘n oppervlakte van ongeveer 320 vierkante kilometer en is 47 meter diep. Die Vaaldam lê aan die Vaalrivier, wat een van Suid-Afrika se sterkste vloeiende riviere is.
LEES OOK: Maarten Coetzee al meer as drie maande vermis
LEES OOK: Man sterf op dag wat hy Covid-19-inenting ontvang
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



