Maarten Coetzee al meer as drie maande vermis

Deel hierdie storie / Share this story

RICHARDSBAAI. – Maarten Coetzee Olckers (27), ook bekend as MC, is ‘n pa van ‘n 18 maande oue babaseutnjie en is laas op 21 Februarie 2021 deur ‘n vriend gesien.

Thea Olckers, Maarten se ma, sê hy is laas op 21 Februarie om 11:00 deur ‘n vriend gesien, waar hy by die Shell-vulstasie in Alton gesit het. “Ek en my man het reeds die Sondagoggend vroeg na Durban vertrek en het hom nie die oggend gesien nie,” vertel sy ma.

Thea sê verder Maarten werk in Darnall naby KwaDukuza, maar hy het vir ‘n week by sy ouers kom kuier. Hy sou die Maandag weer teruggegaan het na waar hy werk.

Maarten Coetzee het ‘n 18 maande oue babaseuntjie

“Hy is die pa van ‘n 18 maande oue seuntjie. Die seuntjie bly by ons na dinge tussen hom en die kind se ma nie uitgewerk het nie. Hulle het deur ‘n rowwe tyd gegaan.”

Sy vertel Maarten se seuntjie was een van ‘n tweeling, maar hulle het die ander seuntjie op 12 dae oud aan die dood afgestaan. “Maarten is nie ‘n emosionele mens nie, maar op die een jaar herdenking van sy seuntjie se dood was hy redelik depressief.”

“Hy is ‘n sterk mens.”

sê Thea Olckers

Al Maarten se besittings was in sy kamer op Darnall toe sy ouers vier weke na sy verdwyning daar aangekom het. Hy het altyd ‘n rugsak by hom gedra. Dit was nie by die huis na sy verdwyning nie, dus dink hulle hy het dit saam met hom geneem. Volgens sy ma het Maarten en die babaseuntjie se ma blykbaar ‘n woordewisseling gehad.

“Maarten hou glad nie daarvan as ek bekommerd is nie, daarom verstaan ek nie hoekom hy ons nie kontak nie. Hy is ‘n sterk mens en het hard probeer om sy lewe te verander nadat sy seuntjie gebore is.”

Maarten het blou oë, bruin hare en is 27 jaar oud. Ten tye van sy verdwyning het hy ‘n kortmouhemp en kortbroek met plakkies aangehad.

Indien iemand weet waar Maarten homself bevind, kontak asseblief sy ma by 0646574371.

LEES OOK: Onderwyseres op video vasgevang wat graad R-seun op kop slaan

LEES OOK: Man sterf op dag wat hy Covid-19-inenting ontvang

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.