Vrou groei tweede paar borste na swangerskap

Deel hierdie storie / Share this story

’n Vrou het snaakse vergroeisels in haar onderarms tydens haar eerste swangerskap opgelet. Alhoewel sy by menige dokter was, het die vergroeisels met haar tweede swangerskap net groter geword, totdat dit so groot soos grootte B-borste is.

Die tweede stel borste, wat wel nie tepels gehad het nie, het melk gelek terwyl sy geborsvoed het.

LEES OOK: Veiligheidswenke vir die winter

Botched-dokters help

Samantha,’n ma van twee van Kalifornië, het haarself tot die gewilde televisieprogram, Botched, gewend omdat vele dokters geweier het om die vergroeisels te verwyder.

Volgens die program kan die toestand voorkom as ’n vrou borsvoed, alhoewel dit skaars is. In die geval van Samantha was die oorsaak die borsweefsel wat verder as die bors strek terwyl dit ingroei – bekend as The tail of Spence.

Daar word geskat dat die probleem by 2-6 persent van die vroue voorkom en ’n derde hiervan sal meer as een vergroeisel hê.

Die toestand is dikwels rustend by diegene wat geraak word totdat dit aktiveer word deur die aanvang van swangerskap of puberteit.

Tweede paar borste verwyder

Nadat die verdagte oorsake uitgesluit is, het die Botched-span ingestem om die vergroeisels te verwyder en is Samantha die nodige versekering gegee dat dit nie weer sou teruggroei nie.

Na die operasie het Samantha gesê sy het weer selfvertroue teruggekry.

Jy kan na die episode van Botched hier kyk:

LEES OOK: Vierjarige ontvoer, verkrag en vermoor

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.