Veiligheidswenke vir die winter

Deel hierdie storie / Share this story

In die winter wil almal graag warm en veilig bly. Met die koue sterk op pad, kan jy só lekker warm en veilig bly.

LEES OOK: Vierjarige ontvoer, verkrag en vermoor

Veiligheidswenke vir daardie koue dae:

  • Wanneer jy ’n verwarmer wil aansit, onthou om dit altyd op die vloer te plaas en om enige vlambare of brandbare materiale of voorwerpe ver weg te hou.
  • Die verwarmer moet ten alle tye gemonitor word. Dit is nog steeds heeltemal te algemeen dat mense hul verwarmers aan los terwyl niemand bedags of oornag tuis of op kantoor is nie.
  • As jy ’n verwarmer wat met brandstof werk in ’n geslote ruimte gebruik, is dit ’n goeie idee om ’n venster of deur gedeeltelik oop te laat sodat vars lug kan binnedring. Dit sal help om koolstofmonoksied wat kan opbou te verminder of voorkom dat suurstofvlakke gevaarlik daal. Moet nooit ’n gasverwarmer of keroseenverwarmer in ’n beperkte ruimte gebruik nie, want die gevolge kan dodelik wees.
  • Baie mense gebruik nog steeds braai- of steenkoolstowe om warm te bly gedurende die winter. Koolstofmonoksied en waterstofsianied is gevaarlike gasse wat uit die brandende kole vrygestel word en kan dodelik wees omdat dit nie maklik waarneembaar is nie. Dit is dus raadsaam om ’n koolstofmonoksiedmeter te gebruik.
  • Warmwaterbottels – Koop slegs ’n gesertifiseerde handelsnaam by ’n betroubare winkel om te verhoed dat die bottel lek en jy jou brand. Jy moet nog steeds seker maak dat jou warmwaterbottel styf kan toe draai, maar as dit nie kan nie, belê in ’n nuwe bottel.

LEES OOK: Is jy emosioneel volwasse?