JAN KEMPDORP. – ’n Vierjarige dogtertjie is glo deur ’n kennis van haar ma op 16 Mei 2021 uit haar huis ontvoer, verkrag en doodgemaak.
LEES OOK: Dit gons oor Megan Fox se rok by die Billboard Music Awards
Dogtertjie bly by die huis
Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale vervolgingsgesag van Suid-Afrika, sê die verdagte het glo saam met die dogtertjie se ma en ’n vriendin na ’n taverne gegaan terwyl die dogtertjie by mense by die huis gebly het.
Probeer eers ma verkrag
Toe die drie later die aand terugkeer, het die verdagte eers die ma probeer verkrag, maar haar vriendin het gekeer. Hy het toe glo gewag tot almal aan die slaap is en die dogtertjie ontvoer, na ’n nabygeleë veld geneem en haar daar verkrag en vermoor.
Die ma het die volgende oggend agtergekom die dogtertjie is weg en het die polisie ingelig.
Soektog lei tot liggaam
’n Soektog is uitgevoer wat polisie na nabygeleë bosse gelei het waar die naakte en verwurgde liggaam van die kind ontdek is.
Johannes Bafana Mans (26) is op Donderdag 20 Mei 2021 in verband met die insident in hegtenis geneem.
Hy het gister 24 Mei 2021 in die Kgomotso- periodieke hof op Taung op aanklagte van verkragting, poging tot verkragting, ontvoering en moord verskyn.
Die saak is uitgestel tot volgende Maandag 31 Mei 2021 vir verdere ondersoeke en regsverteenwoordiging
LEES OOK: Verhoor vir paartjie wat by gastehuis sterf op die rol geplaas



