VERULAM.- Die vyfjarige seuntjie wat gister deur ‘n taxibestuurder agtergelaat is, was gister reeds veilig terug by sy huis.
Reaksie eenheid Suid-Afrika (RUSA) sê die seun is gister langs ‘n pad gekry waar hy sit en huil het. Die taxibestuurder het die kind net daar gelos toe hy vind dat hy nie geld vir die rit huis toe gehad het nie.
‘n Rusa-lid het glo die seuntjie na die Cottonlands toe gevat. Daar het ‘n vrou aan hom verduidelik waar die seun woon. Die seuntjie is met sy ma herenig.
Lees ook: Man trap glo meisie se seun (3) dood



