Man trap glo meisie se seun (3) dood

Deel hierdie storie / Share this story

KALIFORNIË. – ’n Man (24) het glo Saterdag sy meisie se driejarige seun doodgetrap. Eers het hy glo vir dokters gesê die seun het van sy motorfiets afgeval en sy kop gekap, maar na uitgebreide ondervraging het die man erken hy het die seun herhaaldelik op sy kop getrap nadat hy sy humeur verloor het.

Die afgryslike moord het aan die lig gekom nadat die polisie op ’n plaaslike hospitaal se oproep gereageer het en hulle meegedeel is die kleuter is met ernstige kopwonde gediagnoseer.

Die seun is Sondag in die hospitaal oorlede.