Megan Fox en haar nuwe kêrel, Machine Gun Kelly, het Sondag op die rooi tapyt van die Billboard Music Awards 2021 die koppe laat draai. Megan het ’n swart deurskynende uitsny-rok met 6-duim Jimmy Choo-hakke aangehad. MGK het ’n oorgroot pak met ’n oopgeknoopte hemp aangehad.
LEES OOK: Vroedvrou pleit op aanklagte
Megan Fox se rok het tonge los
Maar dit is eintlik die rok wat die tonge los het. Baie aanhangers voel die rok is te ‘kaal’ en ’n ma moenie so aantrek nie.
Ander voel weer sterre kan aantrek soos hulle wil en ander sterre word nie gekritiseer oor hulle kleredrag omdat hulle ma’s is nie.
Die onwaarskynlike paartjie was ook glo baie vryerig op die rooi tapyt en MGK het sy tong, wat hy vir die geleentheid swart geverf het, vir die kamera gewys.
Wat dink jy van Megan Fox se rok?


Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



