Verhoor vir paartjie wat by gastehuis sterf op die rol geplaas

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Kevin Pretorius (47) het Maandag 24 Mei 2021 vlugtig in die Humansdorp-streekshof verskyn. Pretorius word nou strafregtelik vervolg na die dood van Mari Hoon (28) en Jéan Vosloo (25) by sy gasteplaas naby Kareedouw. Die verhoor is vir 27 tot 29 Oktober op die rol geplaas.

LEES OOK: Dit gons oor Megan Fox se rok by die Billboard Music Awards

Liggame gevind

Mari and Jéan Vosloo se liggame is op 26 April 2020 in die badkamer van die Kliphuis-gastehuis op die plaas Zuuranys, ongeveer 17 kilometer buite Kareedouw, gevind is.

Vriend het op hulle afgekom

’n Vriend van die paartjie, wat saam met hulle vir die naweek was, het op die paartjie in die stort afgekom. Later het ‘n toksikologiese verslag aan die lig gebring dat die egpaar aan koolstofmonoksiedvergiftiging dood is.

Eienaar in hegtenis

Pretorius is op Dinsdag 6 April 2021 in hegtenis geneem en het in die landdroshof op Humansdorp op twee aanklagte van moord verskyn. Hy is op R1 000 borgtog vrygelaat.

LEES OOK: Ouers ontsteld omdat hulle nie seun se spermskenking-baba mag ontmoet nie