ITALIË. – ‘n Vyfjarige Israeliese kind is al oorlewende na ‘n kabelkarongeluk. Die kabelkar het Sondag teen die kant van ‘n berg afgestort nadat ‘n kabel gebreek het.
Volgens New York Post is Eiten Biran se grootouers, ouers en tweejarige boetie almal in die kabelkarongeluk oorlede.
Na die kabelkarongeluk is Eiten in sy pa se arms toegevou gevind. Hy en nog ‘n negejarige kind is met ‘n helikopter na ‘n hospitaal vervoer. Die negejarige het ongelukkig aan sy beserings beswyk. Beide Eiten se bene is gebreek en hy het kop- en borsbeserings opgedoen.
Die kind het aanhou skree dat dokters hom moet uitlos, hy is bang
Die familie het in Italië gewoon waar Eiten se pa medies gestudeer het terwyl hy as ‘n sekuriteitswag gewerk het. Eiten se grootouers het by die gesin gaan kuier om weg te kom van die konflik tussen Isreal en Hamas.
Altesaam 14 mense het hul lewens in die kabelkarongeluk verloor.




