Ouers ontsteld omdat hulle nie seun se spermskenking-baba mag ontmoet nie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man het sy frustrasie met sy ouers op Reddit uitgespreek nadat hy sy sperm aan ’n vriendin geskenk het.

Die man en sy vriendin, wat net ’n platoniese vriendskap het, het die wettige prosedure deur die spermbank gevolg en die man is nie betrokke in die baba se lewe nie.

“Ek het slegs ‘n vriendin gehelp wat ‘n skenker gesoek het wat sy ken en vertrou. Ons het dit bespreek en besluit dat die baba self kan besluit of hy my sou wou leer ken wanneer hy groter is.”

LEES OOK: Vroedvrou pleit op aanklagte

Ouers wil baba ontmoet

Die man en sy vriendin bly steeds in kontak en vandat die babaseun gebore is, teister sy ouers hom sodat hulle die baba kan ontmoet.

“Ek het aan hulle verduidelik dat alhoewel die baba my biologiese kind is, ek geen wettige reg tot die kind het nie en ook nie as sy pa betrokke in sy lewe is nie.”

Sy ouers wil dit egter nie aanvaar nie en dreig nou om regstappe te neem.

Wat dink jy van die situasie?

LEES OOK: Ses tipes toksiese mense in jou lewe