11-jarige sien hoe kêrel sy ma doodsteek

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN – ‘n 11-jarige het gesien hoe sy ma se kêrel hulle huis binnedring en sy ma met ‘n mes en boor doodsteek.

Die kêrel, Verulam Mduduzi Kwazi Nkomo (29), het op 15 Mei 2019 om 21:30 op Tongaat by Ntshengisile Dladla (32) se huis aangekom. Sy was saam met haar 11-jarige seun by die huis. Nkomo het aan die deur geklop. “Toe sy weier om die deur oop te maak, het die beskuldigde dit oopgeskop en binnegegaan. Hy het Dladla verskeie kere met ‘n mes en ‘n boor gesteek. Die slagoffer is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Kêrel gevonnis na hy vrou doodsteek

Die kind, wat die voorval aanskou het, het daarin geslaag om na die buurman se huis te hardloop vir hulp. Die beskuldigde het ook probeer om homself dood te maak, maar hy het dit oorleef. ‘n Saak van moord is by die Tongaat-SAPD geopen. Die beskuldigde is onmiddellik weens moord in hegtenis geneem.

Verulam is tot 20 jaar tronkstraf vir die moord op sy vriendin gevonnis. Hy is ook ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

LEES OOK: Seuntjie (6) in karstoel doodgeskiet tydens ‘padwoede-voorval’

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.