VERENIGDE STATE. – ‘n Seuntjie (6), wat agter in ‘n motor in sy karstoel gesit het, se ma was op pad om hom skool toe te neem toe hy tydens ‘n beweerde padwoede-voorval doodgeskiet is.
Die voorval het begin toe ‘n motor op die hoofweg ewe skielik voor ‘n ander motor ingeswaai het. ‘n Skietery het uitgebreek waarna ‘n koeël die agterkant van die motor waarin die seuntjie, Aiden Leos, was, getref het.
Seuntjie in karstoel in rug geskiet
”Mamma, my maag is seer,” het Aiden uitgeroep. Dis toe sy ma sien die koeël het hom in die rug getref.
’n Polisiebeampte het gesien wat gebeur en het dadelik KPR op die seuntjie toegepas. Noodddienste is ontbied en Aiden is met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem.
Hy is daar dood verklaar. Die hoofpad waarop die ma en die seuntjie gery het, is dadelik afgebaken terwyl die polisie vir ure op soek na die verdagtes was.
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
LEES OOK: Maarten Coetzee al meer as drie maande vermis
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



