KALIFORNIË. – Prins Harry beweer een van Archie se eerste woorde na die woorde “mamma” en “pappa” was “ouma Diana”.
Verskeie ander media berig ‘n paar maande gelede het hy ook in ‘n onderhoud met James Corden gesê sy seun se eerste woord was “krokodil”. Corden het glo beïndruk met die stelling gelyk. Aan Oprah Winfrey het hy glo weer gesê Archie hou baie daarvan om die woord “hidreer” te gebruik.
“Dit maak my hartseer.”
sê prins Harry
Prins Harry sê verder daar is ‘n foto van sy ma in Archie se kamer. “Wanneer hy haar ‘ouma Diana’ noem, is dit oulik, maar dit maak my terselfdertyd regtig hartseer.”
Prins Harry het nou ‘n nuwe reeks oor geestesgesondheid begin, The Me You Can’t See, waarin hy vertel hoe hy sy ma mis. Hy sê ook hy wens sy ma kon vir Megan en Archie ontmoet het.
LEES OOK: Onderwyseres afgedank wat graad R-seun in video op kop slaan
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



