Onderwyseres afgedank wat graad R-seun in video op kop slaan

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – ‘n Graad R-onderwyseres wat in die video verskyn waarin ‘n seuntjie aanhoudend op die kop geslaan word terwyl hy huil, is intussen afgedank.

FiNDiT het vroeër berig die voorval het glo op 13 Mei 2021 by die Primêre Skool Nchuncheko plaasgevind.

Onderwyseres afgedank na departement optree

Na die voorval het Steve Mabona, die departement van onderwys se woordvoerder, op Twitter bevestig hulle dra kennis van die voorval en sal dadelik optree. Die departement sê verder berading word ook aan die kind en familie verskaf.

Die betrokke onderwyseres is gister verhoor.

LEES OOK: Onderwyseres op video vasgevang wat graad R-seun op kop slaan

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.