Staar SA’ners dalk binnekort strenger maatreëls in die gesig?

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Suid-Afrikaners is bekommerd oor moontlike strenger maatreëls nadat die nasionale koronavirus-bevelsraad Dinsdag vergader het. Dit volg nadat verskeie provinsies die derde golf van die virus betree het.

Baie voorspel dat Suid-Afrika weer onder streng maatreëls geplaas gaan word. Kenners verwag nie dat ‘n totale alkoholverbod weer ingestel sal word nie en ook nie dat skole gaan sluit nie.

Strenger maatreëls nog nie bekendgemaak nie

Dis nog nie bekendgemaak wat presies Dinsdag in die vergadering bespreek is nie. Suid-Afrikaners sal moet wag tot president Cyril Ramaphosa weer die land toespreek.

Dr. Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingseenheid, sê die skade wat ‘n inperking aan die ekonomie doen, regverdig nie die uitwerking wat dit op ‘n vlaag infeksies het nie. Mulder sê verder die land se gesondheidstelsel moet liewer gereed gemaak word deur goeie voorbereidings te tref.

Suid-Afrika het al 1 637 848 positiewe gevalle aangemeld waarvan 1 541 250 persone al herstel het. 55 874 Suid-Afrikaners is al dood as gevolg van die virus. 651 628 Suid-Afrikaners is al teen die virus ingeënt.

LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlie

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.