Rhenish-matriekleerling neem eie lewe

Deel hierdie storie / Share this story

STELLENBOSCH. – ‘n Matriekleerling van die Hoër Meisieskool Rhenish in Stellenbosch het haarself om die lewe gebring.

Die skool het Dinsdag in ‘n brief dié nuus aan die ouers meegedeel.

“Ongelukkig het sy haar eie lewe geneem.”

In die brief sê die skool dat hy verslae en gebroke is oor haar dood en hy spreek ook medelye uit teenoor die meisie se ouers, familie en vriende.

Die skool het ook gesê traumaberading sal by die skool beskikbaar gemaak word vir enigiemand wat dit nodig het.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die geval bevestig. “Die omstandighede rondom die dood van ‘n 18-jarige leerling by ‘n skool in Stellenbosch word ondersoek na ‘n insident op 25 Mei 2021.”

Hou FiND iT dop vir meer hieroor.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.