Sukkel jy om water op koue dae te drink? Kikker water só op

Deel hierdie storie / Share this story

Water drink is nie vir almal lekker nie. Party verkies ’n glasie sap of ‘n warm koppie koffie in die winter. Om elke dag genoeg water te drink, is baie belangrik. Die koue dae kruip nader en mens is geneig om minder water in die winter te drink. Die paar wenke wat volg, maak die water nie net smaakliker nie, maar hou ook verskeie gesondheidsvoordele in.

Hoe kan ek water vir my smaakliker maak om te drink?

Voeg komkommer, suurlemoen en gemmer by jou water

  • Gee ’n gesonde gloeiende vel.
  • Verskaf verhoogde energievlakke.
  • Verwyder ongewenste gifstowwe uit jou liggaam.

Gooi appel en kaneel in jou water

  • Verhoog energievlakke.
  • Verskaf antioksidante en flavonoïede.
  • Verminder pyn wat verband hou met menstruele krampe.
  • Help om die bloedsuikervlak te verlaag.
  • Verminder risiko van hartsiektes.
  • Verminder cholesterol.

LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlie

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.