Vermiste man dood in dinosourusbeeld aangetref

Deel hierdie storie / Share this story

SPANJE. – ’n Man (39) is dood in ’n dinosourusbeeld in Spanje aangetref nadat hy glo sy selfoon, wat in die beeld geval het, probeer terugkry het. Die man se liggaam is kop na onder in die stegosourus van papiermaché se poot gekry.

LEES OOK: Veiligheidswenke vir die winter

Man as vermis aangemeld

Die man is enkele ure voor sy liggaam opgespoor is, deur sy familie as vermis aangemeld. Owerhede glo die man het sy selfoon, wat by die beeld ingeval het, probeer uithaal. Die saak word nog ondersoek.

Volgens The Guardian het ’n pa en sy seun Saterdag die liggaam in die beeld opgespoor nadat hulle ’n snaakse reuk in die omtrek geruik het en die pa by die beeld ingeloer het.

Moes beeld oopsny

Hulle het owerhede ontbied, wat die beeld oopgesny het en die liggaam uitgehaal het.

LEES OOK: Is jy emosioneel volwasse?