Passasierstrein bots teen bakkie in treinstasie

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Passasierstrein het vanoggend teen ‘n bakkie in die Klaarwater-treinstasie vasgery.

Twee mans, vermoedelik in hul 40’s, is vanoggend beseer toe ‘n trein in die Klaarwater-treinstasie in KwaZulu-Natal in hul bakkie vasgery het. ER24 berig paramedici het om 08:45 op die toneel opgedaag en die bakkie aan die kant van die passasierstrein gevind. Die twee mans wat in die bakkie was, vermoedelik in hul 40’s, het ligte tot matige beserings opgedoen.

Paramedici het die mans ondersoek en behandel. Hulle is daarna na ‘n hospitaal geneem. Niemand in die trein het beserings opgedoen nie.

LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlies

LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.