KAAPSTAD. – Die babaseuntjie, Ivakele Xolose (1), wat laas op 24 Mei buite sy huis gesien is, se liggaam is gisteroggend gevind.
Xolose se liggaam is deur sy pa in ‘n diep sloot, 10 meter van hulle huis, gevind.
Op die dag van sy verdwyning was hy die middag buite sy huis in die informele nedersetting in Joe Slovo gesien. Om 15:00 het sy familie agtergekom hy het verdwyn.
Babaseuntjie deur pa gevind
Die gemeenskap, polisie en die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het dadelik na die seuntjie help soek. Xolose se pa het toe op sy liggaam in die sloot afgekom.
‘n Saak is geopen en die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Enigiemand met inligting word versoek om Crime Stop by 086 001 0111 te skakel.
LEES OOK: Aanhangers geskok, bekende ‘onherkenbaar’ na gewigsverlie
LEES OOK: KYK: busdrywer dink vinnig en vermy botsing reg van voor
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



