September 16, 2021

Man wat verdink word van seun se moord, uit op borg om hom te begrawe

Die aanklaer, Victor Mutumbulwa, het tot die borgtog ingestem en gesê die verdagtes is nie ’n vlugrisiko nie.

Man wat verdink word van seun se moord, uit op borg om hom te begrawe

Man wat verdink word van seun se moord, uit op borg om hom te begrawe Foto: The Namibian

NAMIBIË. – ’n Man (56) en sy oudste seun (26), wat daarvan verdink word dat hulle sy jongste seun (23), vermoor het, is op borg vrygelaat om hom te begrawe.

LEES OOK: Vierjarige ontvoer, verkrag en vermoor

Glo selfverdediging

Volgens The Namibian het Hendrick le Roux (56) en Borris le Roux (26) na bewering op 23 April 2021 Carlos le Roux (23) met ’n stuk plastiekpyp geslaan. Hulle beweer dat dit selfverdediging was.

Carlos is op 24 April 2021 in sy slaap oorlede.

Die oorledene het glo op 23 April 2021 by die huis by Erf 498 by die Takarania- informele nedersetting op Mariental aangekom en na bewering gewelddadig teenoor sy pa en broer geraak.

Uit op borg

Tydens hul eerste verskyning het die verdagtes se advokaat, Henry Van Zyl, om borgtog gepleit sodat hulle kan terugkeer huis toe om die oorledene te begrawe. Albei is op borg van N$2 000 vrygelaat.

Die aanklaer, Victor Mutumbulwa, het tot die borgtog ingestem en gesê die verdagtes is nie ’n vlugrisiko nie. Die saak sal op 17 Julie 2021 voortgaan.

LEES OOK: Man in hof wat glo vriendin uitbrand

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *