Bekendes wil Britney Spears uit ‘tronk’ red

Deel hierdie storie / Share this story

Talle bekendes het hulle ondersteuning vir Britney Spears uitgespreek en wil haar nou uit die “tronk” van haar voogdyskap red.

LEES OOK: Byna 14 ure om Chris Watts se dogtertjies uit olietenks te verwyder

Bekendes ondersteun Britney Spears

Madonna is een van die bekendes wat onlangs op sosiale media haar ondersteuning uitgespreek het. In ’n plasing het Madonna ’n hemp met ‘n foto van Britney Spears aangehad. Op die foto was die volgende woorde geskryf: “Gee hierdie vrou haar lewe terug. Slawerny is so lank gelede afgeskaf! Dood vir die gulsige patriargie wat dit al eeue lank aan vroue doen. Dit is ’n skending van menseregte! Britney, ons kom haal jou uit die tronk uit!”

Christina Aguilera

Christina Aguilera, wat saam met Britney grootgeword het en saam met haar aan verskeie programme gewerk het, het ook haar ondersteuning op sosiale media uitgespreek.

“Dit is onaanvaarbaar dat enige vrou, mens, wat in beheer van haar eie lewe wil wees, nie toegelaat word om te lewe soos sy wil nie.”

Paris Hilton

Paris Hilton, wat ook eens goeie vriende met Britney was, het ’n gesegde uit die fliek Mean Girls gebruik en op sosiale media gesê: “Get in the car loser, we’re going to court so we can free Britney.”

Dit is slegs ’n paar van die bekendes wat hulle ondersteuning in die voogdyskapsaak uitgespreek het. Britney het ook sedert haar aansoek afgekeur is, besluit om af te tree.

LEES OOK: Meisie (10) brand toe gasbottel by partytjie vlam vat

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.