August 5, 2021

Nagmerrie laat glo man stiefkind vermoor

“Ek was lief vir die kind. Ek sou haar nooit aspris leed aandoen nie.”

Nagmerrie laat glo man stiefkind vermoor

Nagmerrie laat glo man stiefkind vermoor

FRANCISTOWN. – ’n Nagmerrie het glo ’n man sy stiefkind laat vermoor. Só het die hof hierdie week gehoor toe Motlatsi Khoto (47) sy onbeëdigde getuienis afgelê het.

LEES OOK: Ma van twee vind uit sy het terminale kanker na man se dood

Stiefkind tydens nagmerrie vermoor

Hy word van moord en verkragting op sy stiefdogter, Metlha Sibanda (9), aangekla. Sy is glo op 17 Januarie 2018 verkrag en verwurg.

Khoto, ’n voormalige vliegtuigwagter by die Burgerlugvaartowerheid van Botswana (CAAB), het voor regter Bengbame Sechele beweer hy het die aand van die voorval ’n nagmerrie gehad van ’n man wat hom aanval.

Begrawe liggaam by rivier

“Ek het vir Unami probeer bel om te sê haar dogter is by my, maar die oproep het nie deurgegaan nie. Sy het my gestop toe ek op pad was huis toe en gevra of sy kon saamgaan.

“Sy het daardie aand langs my op die bed geslaap omdat sy gewoond was om saam met my en haar ma op dieselfde bed te slaap. Terwyl ons geslaap het, het ek ’n nagmerrie gehad van ’n man wat my aanval. In die droom het ek myself verdedig deur hom te wurg.”

Khoto het voortgegaan om te sê toe hy wakker word, was Sibanda dood. Hy het nie geweet wat om te doen nie en het haar liggaam na die Shashe-rivier geneem en haar daar begrawe.

Het haar nie verkrag nie

Hy hou ook vol hy het haar nie verkrag nie.

“Ek was lief vir die kind. Ek sou haar nooit aspris leed aandoen nie.”

Beide die staats- en verdedigingsraad sal op 8 September 2021 finale voorleggings oor die saak maak.

LEES OOK: Britney Spears voogdyskapsaak word hersien, stel eie prokureur aan

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *