Ma van twee vind uit sy het terminale kanker na man se dood

Helen het aan The Mirror gesê haar dogters sal moontlik na haar tweelingsuster gaan wanneer sy oorlede is.

Ma van twee vind uit sy het terminale kanker na man se dood

Ma van twee vind uit sy het terminale kanker na man se dood Foto: The Mirror

’n Ma van twee het uitgevind sy het terminale kanker, slegs vier jaar nadat haar man oorlede is. Sy probeer nou inderhaas reëlings tref vir haar twee dogtertjies se toekoms, aangesien hulle wees gelaat sal word na haar dood.

LEES OOK: Pasgebore baba naby skool gelos

Ma van twee kry diagnose van terminale kanker

Helen Davy (44) van Rotherham is eers gediagnoseer met blindedermontsteking, maar nadat sy aanhoudend erge pyn ervaar het en ’n knop in haar buik ontdek het, is sy met terminale kanker van die blindederm, derm, maag, dikderm en bekken gediagnoseer.

Man vier jaar vantevore oorlede

Helen en haar twee dogters, Annalise (8) en Kairen (5), het haar man net vier jaar gelede aan die dood afgestaan nadat hy ’n bloedklont naby sy hart gekry het.

Helen het aan The Mirror gesê haar dogters sal moontlik na haar tweelingsuster gaan wanneer sy oorlede is, wat beteken hulle sal dalk in dieselfde skool kan bly.

Tot dan probeer sy alles moontlik om planne te maak vir die meisies se toekoms en om soveel tyd saam met hulle deur te bring as wat sy kan.

LEES OOK: Ouers los opstandige tiener op verlate eiland om haar ’n les te leer

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *