OOS-KAAP. – Die polisie van New Brighton ondersoek die dood van twee tienermeisies nadat ‘n informele woning op 15 Julie 2021 aan die brand geslaan het.
Twee tienermeisies dood gevind
“Daar word beweer die ma (36) wat saam met haar twee dogters van 18 en 12 jaar in ‘n informele woning langs die hoofhuis bly, om 08:45 na die bure gegaan het om haar selfoon te laai,” sê Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.
Toe sy terugkeer na die woning het sy opgelet dit brand, maar sy kon nie by die brandende informele woning ingaan om haar kinders te bereik nie. Albei kinders het in die brand omgekom. Die oorsaak van die brand is onbekend en die ondersoek duur nog voort.
LEES OOK: KYK: KZN-premier in die sop na hy plunderaar op video slaan
LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



