Advokaat se vrou nou van moord aangekla

Mientel Nortier was die week ingevolge die Wet op Geestesgesondheid na die Somerset Wes-hospitaal vir ‘n 72-uur waarneming gestuur.

Advokaat se vrou nou van moord aangekla

Advokaat se vrou nou van moord aangekla Foto: Facebook

KAAPSTAD. – Mientel Nortier (60) word nou van die moord op haar man, advokaat Leon Nortier, aangekla. Leon is ‘n week gelede in sy huis in Tableview geskiet.

Mientel is verlede Vrydag, kort nadat haar man doodgeskiet is, in hegtenis geneem. Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Mientel Nortier was die week ingevolge die Wet op Geestesgesondheid na die Somerset Wes-hospitaal vir ‘n 72-uur waarneming gestuur.

Advokaat se vrou verskyn vandag weer

FiNDiT het ook vroeër berig Mientel het glo selfdoodneigings gehad. Daar word ook vermoed dat sy nie die werklike situasie besef waarin sy haarself bevind nie.

Sy sal vandag weer in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig

LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *