August 1, 2021

Advokaat se vrou het ‘selfdoodneigings’ na skietvoorval

Sy was vanaf Maandag na haar verskyning in die hospitaalafdeling van Polssmoor-tronk aangehou.

Advokaat se vrou nou van moord aangekla

Advokaat se vrou nou van moord aangekla Foto: Facebook

KAAPSTAD. – Mientel Nortier (60), vrou van die bekende advokaat, wat al twee keer in die Kaapstad-landdroshof verskyn het nadat haar man, adv. Leon Nortier, Vrydagaand doodgeskiet is, word waargeneem omdat sy glo selfdoodneigings het.

Mientel het vir die eerste keer Maandag verskyn waarna die saak tot Dinsdag uitgestel is sodat sy deur ‘n distriksgeneesheer ondersoek kon word. Netwerk24 berig die staat se verslag wat by die hof ingedien is, versoek dat Mientel vir 72 uur na die New Somerset-hospitaal gestuur word.

Saak uitgestel na “selfdoodneigings”

Die staat vermoed sy besef nie die werklike situasie waarin sy haar tans bevind nie.

FiND iT het vroeër berig daar is nie veel inligting oor die voorval bekend nie. Die polisie het na die voorval bekendgemaak ‘n verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Mientel se identiteit is toe Maandag bekendgemaak. Sy was vanaf Maandag na haar verskyning in die hospitaalafdeling van Polssmoor-tronk aangehou.

Die saak is tot Vrydag uitgestel.

LEES OOK: Bekende advokaat se vrou in hof na sy skietdood Vrydagaand

LEES OOK: Bekende advokaat geskiet, 60-jarige vrou verskyn in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *