Verdagte verskyn na boer glo met ketting geslaan, vasgebind word

Tydens die plaasaanval is die boer na bewering met ‘n ketting in sy gesig geslaan.

Verdagte verskyn na boer glo met ketting geslaan, vasgebind word

Verdagte verskyn na boer glo met ketting geslaan, vasgebind word Foto: Travel Ground

POTCHEFSTROOM. – ‘n Verdagte, Mokhethi Sammual Moeketsi (38), het vir die eerste keer op Dinsdag 13 Julie in die Taung-landdroshof na ‘n plaasaanval op 11 Junie op Kleinvlakfontein, Reivilo verskyn.

Die hofverskyning van Moeketsi vind plaas nadat hy glo op Sondag 11 Julie omstreeks 08:00 ‘n vuurwapen op ‘n 74-jarige boer gerig het. Tydens die plaasaanval is die boer na bewering met ‘n ketting en pistool in sy gesig geslaan en van kontant beroof. Die boer was ook glo vasgebind, maar is na ‘n geruime tyd gered.

Verdagte verskyn dan weer

Na afloop van die voorval is die polisie en naburige boere vinnig ontbied, wat gelei het tot die inhegtenisneming van verdagtes op ‘n naburige plaas. Tydens die inhegtenisneming het die polisie glo beslag gelê op ‘n 9 mm Norinco-pistool en kontant, vermoedelik gesteel.

Die saak is tot 20 Julie uitgestel. Die provinsiale kommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Sello Kwena, het die boere bedank vir hul samewerking wat gelei het tot die suksesvolle inhegtenisneming van die verdagte.

LEES OOK: Bekende advokaat se vrou in hof na sy skietdood Vrydagaand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *