Die bekende aktrise, Charlize Theron, het in ‘n onlangse twiet gesê sy dink aan Suid-Afrika in hierdie tyd terwyl onluste en geweld in die land voortduur.
“My gedagtes en liefde is by die mense van Suid-Afrika. Dit is so ‘n pynlike tyd vir ons land en soveel mense het nie toegang tot veiligheid, werk, onderwys, voedsel, gesondheidsorg en inentings nie. Maar ek is verheug om bietjie hoop te sien terwyl gemeenskappe bymekaarkom en mekaar ondersteun,” so lui Charize se twiet op haat Twitter-blad met meer as 895 300 volgelinge.
Net ‘n rukkie daarna het sy haar tweede twiet oor Suid-Afrika gemaak.
“Ons land is op soveel maniere buitengewoon – uiteenlopend, vindingryk, trots en so ongelooflik sterk. Mag ons uit hierdie uitdagende tyd kom om vrede en veiligheid te vind.”
Charlize Theron se twiet:
LEES OOK: KYK: Man se harde werk van drie jaar binne ure vernietig
LEES OOK: Horner-moordsaak lei tot inhegtenisneming van vyf polisielede
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



