August 1, 2021

Seun verdrink voor familie, swemmers

Ander swemmers wat ook besig was om te swem en langs die swembad gesonbaai het, het nie agtergekom die seun is in die nood nie. Sy ouers, wat albei langs die kant van die swembad op stoele ontspan het, het ook nie opgelet hulle seun spartel in die water voordat dit reeds te laat was nie.

Seun verdrink voor familie, swemmers

Seun verdrink voor familie, swemmers Foto: The Mirror

MANISA. – ’n Seun (8) het voor sy familie en ander swemmers verdrink, terwyl niemand agtergekom het hy sukkel om kop bo water te hou nie.

LEES OOK: Gerrit Lee van der Westhuizen in Edenvale vermis

Familie, swemmers kom nie agter seun verdrink

Yusuf Asaf Tiktas het saam met sy ouers, Saime en Engin Tiktas op 7 Julie 2021 na ’n openbare swembad vir ’n dag van pret gegaan.

The Mirror berig Yusuf het van ’n glyplank af in die water gegly toe het begin sukkel het om kop bo water te hou.

Ander swemmers wat ook besig was om te swem en langs die swembad gesonbaai het, het nie agtergekom die seun is in die nood nie. Sy ouers, wat albei langs die kant van die swembad op stoele ontspan het, het ook nie opgelet hulle seun spartel in die water voor dit reeds te laat was nie.

Word na hospitaal gehaas

Toe sy ouers besef hy is besig om te verdrink, het hulle hom uit die swembad getrek waarna ‘n mediese span hom na ‘n nabygeleë universiteitshospitaal gehaas het.

Hy is in die intensiewesorgeenheid opgeneem, waar hy etlike dae om sy lewe geveg het. Sy brein was egter te lank sonder suurstof en hy het op 12 Julie 2021 gesterf.

Dit is onduidelik of die polisie die saak ondersoek.

LEES OOK: Nagmerrie laat glo man stiefkind vermoor

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *