August 6, 2021

Hou jou viervoetige kinders só warm die winter

Hou jou viervoetige kinders só warm die winter

Hou jou viervoetige kinders só warm die winter Foto: TreeHugger

Wanneer jy voel hoe die aande en oggende kouer word en jy daardie ekstra paar sokkies aantrek, moet jy onthou dat jou viervoetige kinders ook in die winter koud kry.

Alhoewel honde ‘n heerlike warm pels het om hulle warm te hou, is dit nie altyd genoeg nie. Daar is baie dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer jy jou hond in die winter warmer wil laat kry. Sekere honderasse, soos chihuahuas en windhonde, benodig meer warmte as ander. Ouer honde of dié wat aan artritis en ander mediese toestande ly, moet meer hitte in die winter kry.

Hou jou viervoetige kinders warm die winter

Daar is verskillende maniere hoe jy jou hond kan warm hou. Volg hierdie maklike maniere en jou viervoetige kind sal jou baie dankbaar wees.

Trek vir jou hond ‘n warm jassie aan:
Daar is deesdae jassies vir elke grootte hond. Honde, veral klein honde met kort hare, kan van kleins af jassies aangetrek word. Die jassie wat ‘n hond aan het, sal sorg dat sy lyf warm broei. Minder hitte sal jou hond se liggaam verlaat.

Geïsoleerde, warm skuiling:
Die ideaal is eintlik dat honde tydens die winter binne jou huis moet slaap, maar in sekere omstandighede is dit nie moontlik nie. ‘n Geïsoleerde skuiling, hok, met ‘n warm bed, is nodig vir jou hond om tydens die koue warm te kry. Lig die hondebed vanaf die vloer om te voorkom dat vog en koue deurslaan na die komberse. Oorweeg dit om ekstra warm, sagte beddegoed soos komberse en kussings by te voeg vir hulle om mee te slaap,

Let op na jou hond se gedrag:
Net soos ‘n mens kan honde ook begin bewe wanneer hulle koud kry. Honde sal nie meer op die koue teëls lê soos in die somer nie. Wanneer jou hond nader aan jou wil lê of hitte naby verwarmers soek, weet jy jou hond kry ekstra koud. Maak seker dat jy ‘n gemaklike, warm, snoesige rusplek vir hom voorberei.

Voer hulle daardie ekstra kalorieë:
Aangesien ons troeteldiere meer energie nodig het om hulself warm te hou gedurende die kouer maande, kan hulle dalk meer honger raak. Hierdie ekstra kalorieë is nodig om hul liggaamstemperatuur te reguleer. Sommige rasse het selfs ekstra voedingsbehoeftes in die winter.

LEES OOK: Vrou ‘te vet’ om permanent in Nieu-Seeland te bly

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *