August 1, 2021

Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Die polisie het aan New York Post gesê Perez-Domingo, wat nie ‘n geldige rybewys het nie, moes die kleuter die oggend by die dagsorg in Homestead gaan aflaai.

Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor 'vergeet' is

Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor 'vergeet' is Foto: New York Posts

FLORIDA. – ‘n Kleuter, Jocelyn Mendez (2), is dood nadat die vrou wat haar by die dagsorg moes aflaai haar vir sewe ure in ‘n warm motor “vergeet” het.

Juana Perez-Domingo (43) word $40 per week betaal om Mendez by die dagsorg af te laai. Die polisie het aan New York Post gesê Perez-Domingo, wat nie ‘n geldige rybewys het nie, moes die kleuter die oggend by die dagsorg in Homestead gaan aflaai. Die betrokke oggend het die vrou Mendez eers na haar huis geneem, aangesien die dagsorg nog nie oop was nie.

Kleuter dood, in motor vergeet

Sy het toe die kleuter in die motor “vergeet” totdat sy ongeveer sewe ure later na die voertuig teruggekeer het. Sy het die kleuter in die motor gevind en in plaas daarvan om dadelik nooddienste te ontbied het sydie kind na die ma geneem. Volgens die polisie was Mendez toe reeds dood.

Perez-Domingo is in hegtenis geneem op aanklag van ernstige manslag. Die polisie het ‘n lykskouing beveel om die amptelike oorsaak van die kleuter se dood te bepaal. Perez-Domingo het na bewering ook die kleuter met ‘n veiligheidsgordel vasgebind in plaas daarvan om haar in ‘n babakarstoeltjie te sit.

LEES OOK: Reserwebank waarsku: ‘Moenie note met ink op aanvaar’

LEES OOK: Brandstof styg moontlik skerp, AA waarsku motoriste om tuis te bly

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *