GQEBERHA. – ‘n Vroulike motorfietsryer, Adele Blignaut (47) wat agter op ‘n motorfiets gery het, is dood nadat dit met ‘n bakkie gebots het.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan Algoa FM gesê daar word beweer ‘n vrou met ‘n Ford Raptor-bakkie het in die vinnige baan in die rigting van Gqeberha op die N2 gery. Drie motorfietse het haar na die Van Stadens-brug aan haar linkerkant verbygesteek.
Een motorfietsryer sterf, ander een in kritieke toestand
“Die vierde motorfiets wat in dieselfde rigting gery het, het die agterkant van die bakkie getref.”
Naidu sê verder die persoon wat die motorfiets bestuur het (50) is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem. Die vrou wat saam op die motorfiets gery het, is dood.
Medelye stroom intussen op sosiale media in.
LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is
LEES OOK: Brandstof styg moontlik skerp, AA waarsku motoriste om tuis te bly
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



