Man oorleef na 158 dae in hospitaal met Covid-19

Hy sê dis alles aan God se genade en die verpleegpersoneel te danke dat hy nog leef.

Man oorleef na 158 dae in hospitaal met Covid-19 (Foto: News24)

Man oorleef na 158 dae in hospitaal met Covid-19 (Foto: News24)

‘n Man van Dieprivier in Kaapstad sterk tans tuis aan na hy vir 158 dae in die hospitaal met Covid-19 was.

Winston Spencer Cogill (54), ‘n data-ontleder, se vrou is twee keer na die hospitaal ontbied om hom te gaan groet, maar hy het wonderbaarlik oorleef.

“Hoe ek dit gemaak het, weet God alleen,” was sy woorde aan Good Things Guy.

Cogill vertel dat hy deur ‘n baie moeilike tyd is sedert hy verlede jaar Oktober griepsimptome begin kry en toe later in die hospitaal opgeneem is. Cogill is tans die persoon wat die langste in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal met Covid-19 was en oorleef het.

Hy sê dis alles aan God se genade en die verpleegpersoneel te danke dat hy nog leef. – Good Things Guy

Lees ook: Reuse koek vir Mandela-dag

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *