August 5, 2021

Koeël tref busbestuurder in mond tydens beweerde taxigeweld

Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Koeël tref busbestuurder in mond tydens beweerde taxigeweld

Koeël tref busbestuurder in mond tydens beweerde taxigeweld Foto: IOL

KAAPSTAD. – ‘n Koeël het ‘n Golden Arrow-busbestuurder vanoggend tydens beweerde taxigeweld in die mond getref.

Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê die polisie is vanoggend na die N2 in die rigting van Kaapstad ontbied waar hulle die busbestuurder gevind het. Volgend Swartbooi het die busbestuurder beserings aan sy mond gehad.

Hy is dadelik na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling. Die verdagtes het van die toneel gevlug. Niemand is in hegtenis geneem nie.

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *