Telkom skuld werknemers bykans R5 miljoen

Solidariteit het aangevoer dat Telkom egter nie by die ooreenkoms gehou het nie en nie die bepalings daarvan nagekom het nie.

Telkom skuld werknemers bykans R5 miljoen

Telkom skuld werknemers bykans R5 miljoen Foto: Business Tech

Telkom skuld sy werknemers bykans R5 miljoen nadat hulle nie salarisverhogings na ’n arbitrasie-ooreenkoms aangepas het nie. ʼn Salarisverhoging van 6% moes in April 2017 geïmplementeer gewees het.

LEES OOK: Kerke vra amnestie vir plunderaars om gesteelde goedere terug te bring

Telkom nou R5 miljoen in die skuld

Dit volg nadat Solidariteit in 2016 ’n ooreenkoms met Telkom aangegaan het.

Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy vir die tweede keer ʼn arbitrasietoekenning teen Telkom gewen het wat verband hou met die interpretasie van die salarisverhogings van April 2017 vir Telkom-werknemers. 

Nie by ooreenkoms gehou nie

Solidariteit het aangevoer dat Telkom egter nie by die ooreenkoms gehou het nie en nie die bepalings daarvan nagekom het nie. Dit het meegebring dat meer as ʼn duisend werknemers onregverdig benadeel is.

Solidariteit verduidelik dat hierdie saak sedert 2017 gesloer het, aangesien Telkom die eerste arbitrasietoekenning wat in Solidariteit se guns was, op hersiening geneem het. Die saak is op hersiening na die arbeidshof geneem, is weer terugverwys vir arbitrasie en ná etlike moeilike arbitrasiesessies, wat vanaf Februarie 2020 tot Mei 2021 geduur het, het Solidariteit weer die saak gewen.

Werknemers moet vergoed word

Volgens die bevel moet Telkom die werknemers ingevolge die bepalings van die ooreenkoms soos in 2016 ooreengekom vergoed, wat beteken die 6%-salarisverhoging moet op die individu se totale pakket toegestaan word. Werknemers moet dus, waar van toepassing, ingevolge die 2016-ooreenkoms terugwerkend vanaf 1 April 2017 vergoed word.

LEES OOK: Man dood toe trein en bakkie bots

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *