August 5, 2021

Boeremark deur polisie gesluit, Bloem-inwoners woedend

Volgens die mark het talle polisielede die afgelope twee Saterdae ook die mark bygewoon en daar rondgeloop.

Boeremark deur polisie gesluit, Bloem-inwoners woedend

Boeremark deur polisie gesluit, Bloem-inwoners woedend Foto: Facebook

BLOEMFONTEIN. – Inwoners en gereelde uitallers was Saterdag woedend toe polisie die bekende Boeremark in Langenhovenpark sluit as gevolg van Covid-19-regulasies.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het vroeër aan OFM-nuus gesê die optrede teen die Boeremark is as volg van die Covid-19-regulasies wat volgens hulle deur die mark geïgnoreer is. Makhele sê verder vlooimarkte, nagklubs en casino’s moet tot 25 Julie 2021 toe wees nadat president Cyril Ramaphosa vlak 4 van inperking verleng het.

Boeremark is weeklikse instelling

Die mense wat Satersag uitgestal het en die mark bygewoon het, is ‘n kort tyd gegee om alles op te pak en die terrein te verlaat.

Roy Jankielsohn, Vrystaatse DA-leier, het ook in ‘n verklaring die party se ontevredenheid oor die voorval uitgespreek. “Die sluiting van hierdie weeklikse mark deur die polisie is nadelig vir die verhouding tussen die polisie en die gemeenskap.”

Die mark het die nuus ook op hul Facebook-blad gedeel. Volgens die mark het talle polisielede die afgelope twee Saterdae ook die mark bygewoon en daar rondgeloop. Hulle skryf verder niemand van die polisielede het toe enigiemand van die mark genader of iets gesê nie.

LEES OOK: Reserwebank waarsku: ‘Moenie note met ink op aanvaar’

LEES OOK: Brandstof styg moontlik skerp, AA waarsku motoriste om tuis te bly

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *