‘Wanneer word jy swanger?’

'Wanneer word jy swanger?'

'Wanneer word jy swanger?' Foto: undefiningmotherhood.com

“Wanneer gaan jy ook nou swanger word? Tot jou suster het al kinders. Wanneer is dit jpu beurt?”

Dit is die vraag wat ‘n vrou trane in haar oë laat kry het en haar lippe onwillekeurig laat bewe het. Al woorde wat sy op daardie oomblik kon uitkry, was: “Uhmm, eendag….”

‘n Vrou van Kansas het na die Facebook-blad QuirkyBubba gegaan en haar frustrasie met dié vraag verwoord. Sy deel haar emosies met ander sodat mense moet verstaan daar is baie dinge waardeur vrouens gaan wat ander dalk nie van weet nie.

Wanneer word jy swanger?

“Jy sien, vir sommige is dit net ‘n eenvoudige vraag wat jy aan jou vriende of familie vra, maar aan ander dit is soveel meer as dit.,” begin die Facebook-inskrywing.

“Dit is gevoelens van seer, frustrasie, vrees, angs, en dit maak die meeste mense net ongemaklik as jy hulle vra.

“Daar is BAIE redes waarom hulle dalk nie swanger is nie …

“Het jy geweet? Een uit vier swangerskappe eindig in ‘n miskraam. Dit is hartverskeurend as iemand vra wanneer jy swanger word en jy moet antwoord met: “Ek was, maar nou is hulle in die hemel saam met Jesus.”

Hou op daardie vraag vra

”Het jy geweet? Een uit agt paartjies sukkel met onvrugbaarheid. Stel jou voor jy probeer maand na maand swanger raak en dan vra iemand jou wanneer kom die babas.

“Het jy geweet? Dit is dalk net nog nie hul tyd nie. Hulle wil daardie babas miskien so graag hê, maar hulle weet oor een of twee jaar sal die tydsberekening beter wees.

“Het jy geweet? Sommige vroue, wil nie babas hê nie en dit is oukei! Hoe ongemaklik sou jy in so situasie wees?

“Miskien kom dit van iemand wat ‘n miskraam gehad het en sukkel met onvrugbaarheid… Asseblief, hou op om daardie vraag te vra.” – QuirkyBubba

LEES OOK: Vroulike motorfietsryer dood na botsing met bakkie

LEES OOK: Kleuter (2) dood nadat sy vir 7 ure in warm motor ‘vergeet’ is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *